Healing Grace Natural Products
Olie Lampie Klei Werkswinkel en Essentiële Olie Seminar
Olie Lampie Klei Werkswinkel en Essentiële Olie Seminar
En Healing Grace word 6!!!
Kom CELEBRATE hierdie spesiale mylpaal saam ons terwyl jy jou eie werkende klei olie‑lampie maak saam Hartzgemaak Pottery.
Donna van Healing Grace leer jou ook die krag van Essensiële Olies en hoe jy dit elke dag kan gebruik vir optimale fisiese, geestelike en emosionele welstand.
Matteus 25:10 “Dié wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof toe, en die deur is gesluit.”
In die Bybel simboliseer die olie‑lamp gereedheid, die Heilige Gees en lig.
Die lamp kan net brand wanneer daar olie is — ’n beeld van geestelike volheid, waaksaamheid en God se teenwoordigheid wat jou aan die brand hou.🏺
Dit herinner ons om ons gees vol te hou, ons lig te laat skyn, en gereed te wees vir wat God doen.
Om hierdie spesiale mylpaal te vier vir Healing Grace se 6de Verjaardag gaan my kosbare vriendin Mericia weer 'n kort boodskap met ons deel. My hoogtepunt elke jaar as Healing Grace verjaar 🌱👑
Ek gaan 'n blikkie saambring vir FORA (Friends of Rescued Animals) - indien jy sou wou 'n ietsie skenk, sal jy asb 'n geldjie saambring? Kom ons bless hulle op Healing Grace se verjaardag.
Wat sluit dit in:
- Alles wat jy nodig het om ‘n werkende lampie te maak
- Koek en tee/koffie
- Essentiële olie seminar deur Healing Grace
- Healing Grace Badsout
Terme en voorwaardes
- Slegs aanlyn besprekings deur Healing Grace. Daar is nie kaartjies iewers anders beskikbaar nie.
- Ons doen beplanning lank voor die tyd so ongelukkig geen kansellasies nie - jou naam kom op jou geskenkie so kaartjies kan ook nie uitgeruil word nie.
- Sodra jy aanlyn bespreek het, is daar 24 uur om jou betaling te doen voordat jou kaartjie verval - ons kaartjie verkope word aanlyn beheer so indien jy bespreek en nooit betaal nie moet ek daardie plekkies weer gaan terugsit op die website om iemand anders die geleentheid te gee om te kan bespreek. So moet asb nie meer as een bespreking maak as jy net 1x wil bespreek nie. Dit lol met ons beskikbare sitplekke.
Couldn't load pickup availability
Share
